Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg!

Weg Namibie 2025
Magazine

Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...

Wees stil en weet

Weg!

SÓ WERK DIE GIDS

BY DIE GRENS

Trots Namibies! • Op reis deur Namibië wil ’n mens plekke sien en dinge beleef wat anders is as by die huis. Dis lekker om ’n slag iets nuuts vir die eerste keer te proe, en aandenkings aan te skaf. Hou jou oë oop vir dié produkte en ondersteun plaaslike entrepreneurs.

Op die spoor van die Onsigbares • Die geskiedenis word geskryf deur die hand wat die pen vashou. So word sommige mense se verhale, leefwyse en kultuur nooit gedokumenteer nie. Maar dit beteken nie dat hulle nie bestaan nie.

Hiér het ek my hart verloor • Elke mens wat al in Namibië was, weet dat dié land ’n sterk aantrekkingskrag het. Vir sommige is dit die gestroopte landskap; ander geniet die bewaringsgebiede en die drama wat tussen die diere uitspeel. Ikoniese bakens sorg vir poskaartprentjies net waar jy kom, en vryheid en avontuur voel hier steeds net ’n tikkie wilder. Vroeër vanjaar het ons Weg se Instagram-volgelinge gevra waarom Namibië vir húlle die beste bestemming is. Geskenkbewyse van Adventure Inc. was op die spel vir die tien foto’s wat ons harte die meeste roer. En hierdie klompie inskrywings het gemaak dat elkeen van ons sy paspoort wou gryp en grenspos toe mik!

Woerts-warts woestyn toe! • Jy hoef nie al die pad tot in Walvisbaai te ry om die Namibwoestyn se ongereptheid te ervaar nie. Op dié nuwe Forbidden Land Adventure-toer in die Lüderitzomgewing kan jy tjop-tjop duinry, visvang én kreef duik, vertel Evan Naudé.

Van spogdorp tot spookdorp • Kolmanskop is waarskynlik een van die suide se avontuurlikste besienswaardighede. Wanneer jy hier deur die ou, verwaaide geboue dwaal, voel dit asof die delwersgeeste van ouds saamstap. Húlle gaan jy dalk nie op film kan vasvang nie, maar jy sal wel skitterende foto’s terugneem huis toe.

’n Laaste lekkerte • Ná ’n vakansie by die bure is dit maar swaar om te groet. Evan Naudé gaan soek ’n laaste stukkie agterpad buite Grünau voordat hy Namibië verlaat.

Splinternuwe oudhede! • In ’n ou kragstasie in Lüderitz sal jy ’n indrukwekkende plek ontdek met ’n allemintige vyf verdiepings vol uitstallings. Kom maak ’n draai by Namibië se heel eerste maritieme museum.

SUIDE

SUIDE BLYPLEKKE

’n Dag in die hoofstad • Moet jy op jou laaste vakansiedag in Windhoek wees vir ’n vlug van die Hosea Kutakointernasionale lughawe af? Benut dan jou tydjie in die hoofstad deur Windhoek se diverse kulture, ryk verlede, markies, bakens en puik restaurante te verken!

’n Sloertoer vir seniors • Is jy dalk al te stram in die knieë om duine uit te klim en in ’n daktent te slaap? Toemaar, jy kan tot digby ’n hele paar besienswaardighede ry. Só toer jy in gemak van Vioolsdrif tot by Swakopmund.

MIDDEL

BLYPLEK MIDDEL

Gekraak, maar steeds ’n kroonjuweel • Op Facebook en Tripadvisor gons dit al ’n geruime tyd oor hoe Etosha verval. Die paaie is onbegaanbaar. Die kampe is voos. Regtig? Kom ons gaan kyk self.

Rek bene in die noordooste • Vir die meeste mense is Grootfontein net ’n plek waar die groot meteoriet neergestort het. Maar hier’s ook interessante stukkies geskiedenis, doendinge en gawe mense. Vertoef gerus ’n dag of wat in dié kontrei die volgende keer as jy na die Kavango- of die Zambesistreek...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans